| Die Afrikaanse Rassebeleid en Die Skrif :Website Builder |
| Die Godsdienstige Grondslag van ons Rassebeleid :Openbaringslig op die Apartheidsvraagstuk :Verwysings en Notas |
| Die Afrikaanse Rassebeleid en Die Skrif |
|
VOORWOORD Die rassevraagstuk is vandag meer aktueel as wat dit was toe hierdie artikels geskrywe was. Trouens dit het tans 'n ernstige twispunt tussen Nasionale Afrikaners geword. Wat meer is - Albei kante probeer om hulle standpunt vanuit die Bybel te regverdig. Die wyse waarop met Bybeltekste gewerk word - meesal uit verband geruk - is met een woord skokkend. Tydens die onthulling van die Totiusmonument in Februarie 1977 het Sy Edele B. J. Vorster die volgende woorde gebesig: “Totius was die verpersoonliking van sy mense deur sy geloof in God en in die roeping van die Afrikaner en hy het by elke geleentheid vir die Afrikaner in die bres getree. Daarom het in sy tyd die stem van Potchefstroom die stem van die Afrikaner geword. Daarom is dit goed dat juis in hierdie jaar fees gevier word waarin hierdie sake betwyfel word. As die Afrikaner in Suid Afrika val, val almal met hom saam. Om bogenoemde redes kon sy stem die stem van Suid Afrika word. As die heruitgawe van hierdie boekie 'n bydrae kan lewer om sake weer in die regte perspektief te sien het dit in sy doel geslaag. Die sienswyses in die artikels vervat sal heelwaarskynlik deur sommige as verouderd afgemaak word. My antwoord daarop sou wees dat die Bybel dan ook verouderd is. Die Calvinis kan nie teen vernuwing wees nie omdat hy kragtens sy roeping op die voorpunt van die tye moet wees. Die patriotters was ook progressief in hulle tyd maar hulle het geglo dat die nuwe loot moet uit die ou wortel groei. Per slot van rekening het die Skrifgelowige net een suiwer bron waarnatoe hy kan teruggaan en dit is die Skrif self. My vertroue is dat by die lees van hierdie boekie die onrus en verwarring wat by baie ontstaan het mag verdwyn. Ek dink met groot peďteit aan die twee skrywers wat hulle lewe veil gehad het in hulle Kerk, hulle Volk en hulle Vaderland. D. du Toit Mooivallei Posbus 20415 Noordbrug 2522 Desember 1981.
|
| Laaste keer geredigeer: 2008 / Geplaas: 31 Maart 2017 |
